onderhoud

Twee Minute met Juf. Wheeler

Juffrou Landi Wheeler is `n ikoon in die Junior-vierkant van Hoërskool Melkbosstrand. Haar dawerende stem en sagte hart laat beide die personeel en studente van HMS altyd met ‘n warm gevoel agter. Hilze-Mari Becker het 2 minute van haar eerste pouse gesteel om ‘n bietjie meer oor haar uit te vind.

Juf. L Wheeler

Juf. L. Wheeler

Hoekom wou Juffrou ‘n onderwyser word?

 Ek hou van praat en kan dit die heeldag doen! Ek wil ook graag kinders leer en opvoed.

Wou Juffrou nog altyd ‘n onderwyser word?

 Nee, ek wou eers ‘n joernalis word en toe ‘n fotograaf. In matriek, toe ek moes besluit het, het ek besluit om ‘n onderwyser te word.

Waar het Juffrou gestudeer en hoe lank?

 Ek het vir vier wonderlike jare aan die Universteit van Stellenbosch geswot.

Wat was Juffrou se gunstelling vak op skool?

 My gunstelling vakke was Afrikaans en Besigheidstudies.

Het Juffrou ‘n rolmodel? As Juffrou een het wie is dit en hoekom?

 Ja, my ouers. Hulle was ‘n wonderlike voorbeeld in my persoonlike- en professionele lewe.

Hoekom bied Juffrou drama by HMS aan?

 Ek geniet dit baie en het op skool backstage gewerk. Toe ek hoor dat hulle ‘n onderwyser soek, het ek dadelik gehelp en ek wil graag met hierdie unieke kinders werk.

Wat doen Juffrou in Juffrou se vrye tyd?

 Ek hou van verf en ek hou ook daarvan om series te kyk.

Hou Juffrou van musiek? Gaan Juffrou na musiekfeeste toe?

 Ja, ek hou van musiek. Ek gaan gewoonlik na die KKNK en die Bravo-fees in Langebaan toe .

 

 

  1 comment for “Twee Minute met Juf. Wheeler

  1. 15/02/2016 at 8:20 PM

    Aitsa, is ek nou trots om deel van hierdie WEN-span by ons skool te wees! Goeie werk gedoen “manne agter die skerms” en almal wat hulle hand aan skryf gewaag het! Mev.K

Share your thoughts!