Fast Fives Hokkie-toernooi

Terwyl die res van die skool hard aan die leer vir kwartaal een se toetsreeks was, was die eerstespan-hokkieseuns en -dogters druk besig by die Fast Fives hokkie-toernooi te Hoërskool Tableview. Dit was n fantastiese geleentheid vir die hokkie-bokkies om weer bietjie op astro hulle hokkievaardighede te verbeter, alhoewel ‘’Action hockey” heeltemal ’n ander stel reëls volg…  

Divan Smit van Melkies in aksie

Divan Smit van Melkies in aksie

Dankie aan die afrigters van die twee spanne vir die vervoer en organisasie van die wedstryde – Juffrou Baker en Juffrou Hattingh by die meisies, en Juffrou Mulder by die seuns. DIe spelers is baie dankbaar vir die geleentheid wat Hoërskool Melbosstrand bied. Kom ons kyk na die basiese beginsels: Wat is Fast Five Hokkie?

Hockey5’s is ‘n verkorte formaat van die sport.  Dit is ‘n spel wat vinnig, vaardig en aanpasbaar is met ‘n stel vereenvoudigde reëls. Die astro word in twee verdeel. Grensborde, ideaal met ‘n hoogte van 25 cm, merk die kantlyne en agterlyne; die planke word teen die buitekant van die lyne geplaas. Grensborde moet ideaal wees om die bal teen te slaan sodat dit terugbons, die borde moet gebruik word as n ‘’ekstra speler.’’

Met ‘n maksimum van vyf spelers aan ‘n kant, ‘n doelwagter in die boks en ektra spelers (reserwes) langs die baan, het Melkie Hokkie ons naam hoog gehou.’n Wedstryd bestaan uit drie intervalle van 10 minute met ‘n twee minute breuk tussen elke interval- hulle was maar lekker moeg na die tyd! Die bal is slegs uit wanneer dit heeltemal oor die grenslyne op die kantlyn of agterlyn is.

Hier volg die uitslae:

o/19A-seunshokkie

  • Wen 6-1 teen CBC
  • Verloor 3-5 teen Bloubergrandt
  • Wen 3-2 teen Tableview
  • Wen 3-2 teen Bloubergrandt

o/19A-dogtershokkie

  • Verloor 0-3 teen Elkanah
  • Wen 4-0 teen Tableview
  • Wen 8-0 teen CBC
  • Wen 10-0 teen Blobergrandt
  • Wen 4-3 teen Table View se tweede span
O/19 Melkies Meisies-hokkiespan

O/19 Melkies Meisies-hokkiespan

Ons is baie trots op hierdie seuns en dogters! Ons wens hulle sterkte toe met die res van die seisoen wat hierdie kwartaal voorlê.