Author Archive for Mila Viljoen

My naam is Mila Viljoen. Ek is in Graad 8 A1. Ek bly al vir twee jaar in Melkbosstrand. Ek hou daarvan om in my vrye tyd te skryf, foto's te neem, saam met my vriende te kuier en om tyd saam met my familie te spandeer.

Toneelstuk 2017: Hoërskool Melkbosstrand Terugblik

Ons kyk terug op hierdie jaar se toneelstuk “Die Gees van die Teater” wat tot in Montagu gaan draai het. Op beide datums, 31 Julie (informele opvoering) en 1 Augustus (gala-aand) het Hoërskool Melkbosstrand se dramagroep in die skoolsaal opgevoer. Ons dink hierdie leerders het almal ontsettend goed gedoen.