‘n Besonderse Boekedag

Peter Pan, Alice in Wonderland, Harry Potter, Robin Hood…

Beide boeke en sprokies se karakters is uitgebeeld op die 20ste April. Boekedag 2018 was ‘n kleurvolle geleentheid wat vir baie leerders ‘n kans gegee het om hul meer kreatiewe kant te wys. Een opgewonde kostuumdraer het vir my vertel dat sy mal oor Boekedae is, want sy het ‘n rak vol boekkarakters om van te kies!

Nikki Kruger en Robyn Oelofse as Mario Bros

Nikki Kruger en Robyn Oelofse as Mario Bros

Hierdie geleentheid het ook ‘n kans gebied om van ou boeke ontslae te raak. Dit mag dalk moeilik gewees het vir die leesliefhebbers tussen ons om boeke te skenk, maar hulle het daardie boeke gebring, hoor. Ons skool het ‘n indrukwekkende 1051 boeke ingesamel asook R 3 200.00! As ons biblioteek ‘n mens was, sou dit nou ‘n gemaklike boepens hê.

“Die dag was werklik ‘n sukses. Ek was baie beїndruk met die kinders,” het doktor Heunis trots vertel.

Boekedag was besonders, want ons is Melkies: ons doen ‘n ding reg. Dit wil natuurlik sȇ dat ons ‘n kompetisie ingewerk het: pryse was belowe vir die beste kostuums en die meeste boeke ingevorder.

Die register klas met die meeste boeke (162) was 12E2. Lizane Helmand in 10A1 het 105 boeke alleenlik ingesamel! Daar was ‘n oorweldigende aantal oulike karakters om van te kies in die kostuum afdeling. Daar was eintlik so baie dat elke kategorie 2 wenners gehad het…

Curtley Christians as Winnie Mandela

Curtley Christians as Winnie Mandela

Hieronder volg die sprankelende wenners in elke kategorie (junior en senior):

Meisies:

Megan Joseph (gr 11) as Cleopatra en Curtley Christians (gr 12) as Winnie Mandela

Seuns:

Quinn Reutener (gr 8) as Robin Hood en Taygan Bennett (gr 9) as Woody

Paartjies:

Nikki Kruger en Robyn Oelofse (gr 10) as “Mario Brothers” en Keran Venter en

Taygan Bennett as Woody

Taygan Bennett as Woody

Nadia Liedeman (gr 12) as Mickey en Minnie Mouse

Die onderwysers het ook geskyn! Juffrou van Eeden (The Mad Hatter) en juffrou Groenewald (Granny) het met húlle uitstekende kostuums die onderwyser-afdeling gewen.

Met so ‘n perfekte insamelingsdag agter die rug, kan ons ‘n groot dankie sê aan almal wat betrokke was. Die biblioteekmonitors kan nou weer aan die werk spring! Laastens is ek baie gelukkig om te sȇ: Weens almal se entoesiasme en samewerking is ons biblioteek nou ‘n biblioteek- met karakter.