Bydraes/Contributions

Hulle lyk `n bietjie groen…

Na middernag word ‘n klomp jonges sonder veel protes, uit hul beddens gejaag. Hulle bondel die donker, onheilspellendheid van die middernagtelike skoolsaal binne waar hulle struikelend hul pad uit, moet vind. Grypende hande keer hulle om elke draai… Watter nagmerrie is hierdie? Wie durf om die liewe 13-14 jariges so onvergeeflik te teister?

onderhoud

Twee Minute met Juf. Wheeler

Juffrou Landi Wheeler is `n ikoon in die Junior-vierkant van Hoërskool Melkbosstrand. Haar dawerende stem en sagte hart laat beide die personeel en studente van HMS altyd met ‘n warm gevoel agter. Hilze-Mari Becker het 2 minute van haar eerste pouse gesteel om ‘n bietjie meer oor haar uit te vind.