Die graad 8 saadjies se “ontgroenings”-kamp ‘n reuse sukses!

Dit is in die begin van die jaar en Hoërskool Melkbosstrand het nuwe graad 8’s in die skool verwelkom. Die graad 8’s is “ontgroen” en die dogters moes vier poniesterte dra en die seuns moes ‘n middel paadjie dra met hulle naambordjies met hul babafoto, naam, van en bynaam wat almal hom/haar sal noem. So het die graad 8’s hulle eerste hoërskool en oriëntasie-kamp ervaar op 11 en 12 Januarie 2019.

Hierdie nuwe groep graad 8’s het ‘n uiters suksesvolle orienterings kamp gehad. Hulle het eerstens legkaarte en raaisels opgelos deur middel van die “amazing race”. Toe het hulle afgekondig wie die wenspan is en die spanne het omtrent begeesterd geraak. Hul het ook liedjies gespeel en Cross Conection het met die leerders kom praat en het ook saam met die leerders gesing. Ons kampgangers is in 20 groepies opverdeel en elke groep moes deelneem aan die groot aandtalentkompetisie in die saal!

Al die groepe moes sing, dans of ‘n drama opvoer. Melkbosstrand leerders het hulself gate uit geniet en die danspassies en monoloë was iets om oor huis toe te skryf! Die leerders was  daarnaa vreeslik moeg en moes laat gaan slaap. Ons VRL het die dogters en die seuns met harde musiek wakker gemaak en die leerders moes om 03:00 in die oggend buite gaan staan en marsjeer en ná dit die volkslied oefen. Na die tyd het hule n dansie geleer wat hulle by die blaadjie-seremonie gaan opvoer voor die ouers en kon hul vir handtekeninge gaan vra om hul paspoort te voltooi. Die volgende dag was dit atletiek! Ons graad 8’s is baie sportief en daar skuil ‘n paar goeie atlete. Dit was ‘n lang dag, maar almal het dit besonders baie geniet.

Graad 8's op die kamp

Graad 8 atletiek

Alle terugvoering was positief:

Matriek se Rebecca Dodgen se presiese woorde is: “The grade 8 camp was very successful. An amazing group of seedlings that are going to be wonderful Melkies!”

‘n Mede kampganger, Jesse Kock, sê: “Dit was ‘n opwindende dag, maar ek het dit baie geniet en sal enige tyd dit weer doen.”

Graad 8's op die kamp

Graad 8’s op die kamp

Graad 8's op kamp

Graad 8’s op kamp