Redaksie

Die Melkie is hier!

Deel.

Ons lewe in ’n tyd waar inligting so maklik bekombaar is. ’n Klik van ’n knoppie en ons het die wêreld aan ons vingerpunte. Instagram, Facebook, Twitter. Om te deel is vandag alles.

Daarom dan die idee vir ’n aanlyn skoolkoerant. Waar ons nie net met die binnekring van ons sentrum van uitnemendheid deel nie, maar ook met die wêreld daar buite.

 

If you’ve got it, flaunt it.

 

En Melkbosstrand het dít. Verseker.

Die redaksie van die Melkie is besonders opgewonde om hierdie projek vanjaar aan te pak sodat ons die wêreld kan wys watter talent versteek is in hierdie besondere groep jongmense. Nie net wil ons bietjie spog met ons talente nie, maar ons wil ook ons leerders se passie teenoor aanlyn-media wakker maak.

Die opsies in hierdie wêreld is legio en ’n vroeë begin kan maak dat ons leerders groot hoogtes bereik in media en joernalistiek na skool. Ervaring is alles. En daarom begin ons nou.

Dames en here, ons bied met trots aan:

header01_20160122085856777

Aanlyn. Sosiaal. Uitnemend.

 

Ons hoop julle geniet hierdie rit saam met ons.

Redaksionele groete

Share your thoughts!