Melkbosstrand se eie suksesstorie(verteller) met besonderse gedig: Die Mostertboom

Baie geluk aan Duné van Jaarsveld (11A1) wat die eerste prys in die poësie-afdeling vir skole van die Bloemfontein-skrywersvereniging se nasionale kompetisie gewen hetmet haar gedig: Die Mostertboom.

‘n Koerantartikel oor Duné se gedig se prestasie

Duné van Jaarsveld het vroeër vanjaar aan die jaarlikse Bloemfonteinse Skrywersvereniging deelgeneem en het uitstekende hoogtes behaal! Die gedig “Die Mostertboom” was een uit vele ander gedigte, maar hierdie spesifieke een was die algehele wenner!

Duné het onlangs begin skryf en wie kon raai dat sy die wenner van so ‘n groot kompetiesie sou wees. Sy vertel dat sy net skryf as sy “lus” het of as iets haar regtig inspireer. Sy het nie ‘n doel waarvoor sy skryf nie, maar as sy skryf, dan sit sy nooit daardie pen neer nie…

Die formidabele digter: Duné Van Jaarsveld wen met haar gedig: Die Mostertboom

Die inhoud van haar gedig sê ook baie van haar persoonlikheid. Hier volg haar besonderse gedig:

“DIE MOSTERTBOOM
SE TAAI MOSTERTSAAD
BEMORS MY OUMA SE EENSAME YARD.

TREURIG, SALIG EN SOMBER VERBY
GETOOI MY OUMA SE TUIN
Ń GROEN VAAL KLEUR
WAT IETS VAN DIE DOOD
IN MY AGTERKOP LAAT LUI

Ń ONTSTUIMIGE REUK
VAN TAAI MOSTERTSAAD
IS AL WAT EK ONTHOU VAN MY OUMA
EN HAAR EENSAME YARD.”

Welgedaan aan Duné! Volgende jaar se kompetisie wag vir haar en ons sit op die punte van ons stoele om te sien wat sy volgende gaan vermag!