Hoërskool Melkbosstrand Graad 8 VLR vir 2018

Op 18 en 19 April 2018 was die verkiesing van die Graad 8 VL-lede in volle dreef. Hand palms papnat gesweet, die senuwees hardloop hoog en kandidate wag in angs om hulle twee minuut lang toespraak te maak oor hoekom hulle verkies moet word vir hierdie groot eer.

Alle Graad 8-leerders en onderwysers is teenwoordig, enige glip van die tong of enige einaardige bewegings mag dalk ‘n groot ophef uitlok. Daar was In totaal 40 leerders vir hierdie eer genomineer. Elke kandidaat moes hulle einskappe en waardes voorlȇ aan die hul mede-leerders.

Graad 8 VRL-lede saam met hul ouers

Graad 8 VRL-lede saam met hul ouers

Mnr. Ross saam met die nuwe VRL-lede

Mnr. Ross saam met die nuwe VRL-lede

Na twee dae se naelbyt verkiesing is drie kandidate uiteindelik verkies as die nuwe Graad 8 VLR vir 2018. Melani van Wyk, Lana Vos en Juan-Michael Rogers is 2018 se Graad 8 VLR-lede. Hul balkies is aan hulle oorhandig in ‘n trotse saalbyeenkoms deur hul ouers.

In ‘n onderhoud met al die VLR-lede, het hulle almal genoem hoe senuweeagtig hulle was om voor die res van die graad se leerders te moes praat.  Volgense Melani sien hulle baie daarna uit om die onderwysers te help.

Mnr. Ross wens die leerders geluk en voorspoed toe vir die jaar wat voorlȇ. Hy weet ook dat hulle ‘n goeie indruk sal maak en die skool se naam hoog gaan hou. Ons bedank ook al die ander kandidate vir hulle deelname tydens die verkiesing.

Ons vra van al die graad -leerders om graag hul samewerking te verleen and die VLR sodat hierdie jaar se Graad 8-groep bo die res sal uitstaan.