hoofleier, Melkbosstrand

HMS wéér by Jeugleierskonferensie

 

Die hoofseun van HMS 2016/17, Michael Botha, is onlangs deur Die Burger en die WKOD gekeur om dié koerant se jaarlikse jeugleierskonferensie by te woon.


Die 58ste Burger Jeugleierskonferensie in samewerking met die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) vind plaas van 9 tot 15 Desember 2016 te Muizenberg.  Michael is die tweede leerder van Melkbosstrand wat gekeur word vir hierdie prestige leierskonferensie. Hy is een van slegs 25 Hoofseuns uit die hele Wes-Kaap wat die konferensie sal bywoon.

Cassandra Enslin (hoofdogter 2015/16) het die konferensie einde 2015 bygewoon.

Hierdie is voorwaar ‘n prestasie waarop ons skool baie trots kan wees.  Ons wens hom alle sterkte toe met die konferensie.

Share your thoughts!