In gesprek met die lieflike Juffrou H. Kotze!

Hier volg ‘n reeks onderhoude met hierdie jaar se onderwysers en onderwyseresse van Hoërskool Melkbosstrand. Ons sien hulle elke dag en is heeldag interaktief besig met hulle, maar kén ons regtig ons onderwysers? Lees bietjie en kyk.

Ons begin by die graad 8-registeronderwysers en Mila Viljoen het met Juffrou Kotze doer in J12 gaan gesels. Juffrou Kotze het laasjaar (2017) by Hoërskool Melkbosstrand begin skool gee. Sy is tans die registeronderwyseres vir hierdie jaar se 8A1’s en sy is die Graad 8 en 9’s se Afrikaans Huistaal juffrou. Sy het haar studies te CPUT Wellington voltooi met ‘n B.Ed. graad.

Juffrou H Kotze

Juffrou H Kotze

Hier volg ‘n paar vrae wat ek vir Juffrou Kotze gevra het:

  1. Waar het Juffrou skool gegaan?

Ek het by Hoërskool Vredenburg skoolgegaan en ek het dit baie geniet!

  1. Wat is die grootste prestasie wat Juffrou al bereik het?

Ek haal aan: “I consider today my biggest accomplishment since I didn’t duct tape any kids to the wall.”

  1. Wat is Juffrou se gunsteling aanhaling?

Al die wyshede in Spreuke.

  1. Wat is Juffrou se stokperdjies?

As ek wel die tyd kry is ek versot daarop om te lees of iets wat met handvaardigheid te doen het.

  1. Wat is iets wat Juffrou nie sonder kan lewe nie?

Koffie, want ek is ‘n onderwyseres!

  1. As Juffrou enige storieboekkarakter kon wees, wie sou dit wees en hoekom?

Winnie- the- Pooh, want hy het baie lewenswysheid of Dr. Seuss, want sy positiwiteit is iets waarna ek streef.

  1. Het Juffrou enige ‘gelukbringers’? As Juffrou het, wat is dit?

Nee, ek hou eerder vas aan my geloof as gelukbringers.

  1. As Juffrou een ding vir Juffrou se tienerself kon sê, wat sou dit wees?

Ek kan, ek wil, ek sal!

 

Ek dink Juffrou Kotze het definitief die positiwiteit bereik waarna sy streef en ek dink ons almal kan gerus net so positief bly as ons volgende keer in Afrikaans sit!