melkbosstrand, kyla. spykerman, high school

Kyla Spykerman – Ons eie Supermodel!

‘n Paar jaar gelede het ‘n agent, Sandra Burt, van die Kaapstadse modelagentskap Boss Models, ‘n gr. 12-leerder van Hoërskool Melkbosstrand, Kyla Spykerman, by ‘n One Direction-vertoning raakgesien en haar vir ‘n kontrak genader.

Hierdie maatskappy se doel is om goeie plaaslike talent te werf en hulle te help om suksesvolle plaaslike en internasionale loopbane te ontwikkel.

 

Kyla en haar ma, Sonet Spykerman, het egter gevoel dat die tyd nie nog reg is vir so ‘n veeleisende loopbaan nie en Kyla was ook baie gefokus op haar opleiding in akrobatiese danse.  Kyla het onderandere WP kleure ontvang in Akrobatiese dans. Sy was ook bevoorreg om Suid-Afrika te kon verteenwoordig in Kroasië Croatia in 2016 se “European World Dance Masters”-kompetiseie waar haar akrobatiese span ‘n 1ste en 2de plek verwerf het.

Aan die begin van hierdie jaar het Kyla tot Me Burt se groot vreugde weer kontak met die maatskappy gemaak en sy is nou deel van die Boss-“familie”.

 

Kyla Spykerman – Boss Models

Intussen het Kyla die oog gevang van ‘n agent van die wêreldwye IMG Model Agency Group wat onlangs in Suid-Afrika was. Hy het haar portfolio aan die agentskap se kantore in New York, Londen, Parys, Milan en Sydney gestuur. Al hierdie sentra het aangedui dat hulle haar sal wil verteenwoordig – DIT gebeur nie elke dag dat al die kantore in so ‘n groot netwerk belangstel in ‘n model nie! Die IMG Model Agency Group het ‘n kontrak gesluit met Kyla en dit bevestig die potensiaal wat in haar raakgesien is.

Me Burt beskryf Kyla as ‘n baie ambisieuse jong dame met ‘n warm en innemende persoonlikheid. Dit is ‘n plesier om met haar te werk omdat sy altyd met enorme selfdissipline, presisie en toewyding ‘n taak uitvoer. Haar sterk ingesteldheid op ‘n gesonde lewenstyl, versorging van haar voorkoms en fokus op liggaamlike oefening is ‘n groot bate vir haar in hierdie bedryf.

Ons sien saam met Kyla daarna uit om in 2018 (na die Matriekeindeksamen) met ‘n baie suksesvolle loopbaan as model – hier en oorsee – te begin!

 

  3 comments for “Kyla Spykerman – Ons eie Supermodel!

  1. Jeanette le Roux
    01/06/2017 at 1:51 PM

    You GOOO, my ou Gr3 sweetheartjie!! Mos al DÁAÁI tyd vir jou gesê jy ganit GROOOT maak!! TROTS op jou, hoor! Onthou: Reach for the stars, but keep your feet on the ground!! ❤️Juffrou Jeanette

  2. 01/06/2017 at 5:23 PM

    Baie geluk Kyla En Sunet

  3. Adri Vivier
    01/06/2017 at 6:48 PM

    Geluk, Kyla, met groot nuwe uitdaging van model-wees! Hou jou oog net goed op daai modewereldwolwe!

Share your thoughts!