Revue 2016

#MelkieMagic5. Hier kom `n Revue van formaat!

Elke jaar om Mei/Junie se kant, hoor ons die drama kinders geheimsinnig  lag oor woorde wat doodnormaal klink vir buitestanders se ore. Gelukkig nadat hulle hul drama van die jaar opvoer,  verstaan ons presies waaroor die gekekkel oor woorde soos: “Ek is honger. vrek honger.” en “Whatsapp: Sollie en Mollie word geklap.”, oor gegaan het.

Revue 2016

 

Hierdie jaar is dit ‘n ander storie, of moet ek se Revue? Die drama kinders is vreemd stiller en net ‘n paar sappige brokkies inligting oor hierdie jaar se drama is gedeel. Dit is natuurlik omdat hierdie jaar spesiaal is. Dit is die 5de jaar wat ons liewe Melkbos Hoërskool bestaan en dus beplan die dramaklub dié jaar ‘n #MelkieMagic Revue vanaf die 22ste-25ste Augustus.

Ons skool se dramaklub is al suksesvol sedert 2012, toe hul eerste drama, Popcorn, tuis opgevoer is. Na hierdie, is daar elke jaar ‘n nuwe produksie op die verhoog en selfs getoer Montague toe. In 2014 was ‘Die Silwer Arende’ op die spel en in 2015 was dit ‘n aangepaste weergawe van Wim Voster se ‘Heksekind’ wat eerbiedig is. Elke jaar is drama gelei, perfek gemaak en ontwikkel deur die onvervangbare en talentvolle Adri Troski Vivier, dramajuffrou (en  drama genie volgens haar leerders), met behulp van Landi Wheeler, ons geesdriftige EBW onderwyseres. Met baie sweet, spot en trane kry hierdie wonderlike mense dit altyd reg om hul dramagroep te inspireer en die beste uit hulle te wurg vir `n fyn gepoleerde eindproduk.

This slideshow requires JavaScript.

Wat bevat hierdie eindproduk? Wat is die minste wat enigiemand kan verwag van ‘n Melkbos Hoërskool drama?

Grappies vir die mense met die skerper breine, danse wat persone van alle ouderdomme kan geniet en genoeg aksie om die tieners geïnteresseerd te hou.

Hokaai! Laat ek nie my fokus verloor nie.
Terug na die Revue toe. Ek dink die persoon wat die teks geskryf het, die Revue die beste in fokus kan bring vir ons. My eerste vraag aan Juffrou Vivier was hoekom hierdie jaar se drama klassifiseer as ‘n revue in plaas van net ‘n doodnormale toneel. Sy het dit so gestel:

“Ek noem dit ‘n revue, want ‘n revue beteken dat ‘n mens iets van alles insluit. Dis ‘n bietjie kabaret, dis dans, dis sang – dis wat dit so lekker maak. Die koor en orkes is ook betrokke. Dan is daar ons akteurs, party van hulle al met ons vandat ek hier begin het .”

Dit dans, dit sing, dit speel toneel! Dit voorspel hoë kwaliteit vermaak. Hierdie kwaliteite is verseker deur die mense onder wie se beheer sekere aspekte in die Revue val. Die danse is deur suksesvolle danseres, Trix Vivier, en varieer tussen energieke, spring-van-jou-stoel-af-raak-mal danse tot stadige, strek-jouself-soos-‘n-rekkie danse. Die musiek is verskaf deur die koor en orkes, gelei deur Jurie Louw, Andrea Lightley en Mariette Fourie. Met die orkes en koor wat die meerderheid musiek verskaf, gee dit aan die Revue ‘n ware professionele teater gevoel. Die akteurs is natuurlik ons eie leerders en almal weet #MelkiesGotTalent.

Uiteindelik, die belangrikste ding om te weet: Wat wil met #MelkieMagic5 oorgedra word aan die gehoor? Wat kan weg gegee word?

Juffrou?

“ Ek wil nie te veel weggee nie. Die hele idee ontstaan rondom die idee dat ons, ons vyfde bestaansjaar wil vier. Ons kyk na waar ons begin het,waar daar letterlik niks was nie. Hier was duine gewees – net bossies en duine. Van daardie punt af beeld ons uit hoe die skool gebou is en hoe ons so ongelooflik vinnig gegroei het tot waar ons nou te stane kom.”

Na daardie antwoord is daar niks meer om te sê nie, maar as julle werklik nog steeds twyfel of julle moet kom kyk of nie: Hier is wat jy kan verwag volgens ‘n dié drama lid:

“Expect greatness.” – Anastacia Nano.

 

*Kaartjies en inligting sal, soos altyd, beskikbaar wees by die seketaresse.*

  1 comment for “#MelkieMagic5. Hier kom `n Revue van formaat!

  1. Adri Vivier
    19/08/2016 at 7:17 AM

    Uitstekend vasgevat, Gaby!!!

Share your thoughts!