Melkies Interhuis en Interskole!

Atletiekspanne het op 8 Februarie tydens Hoërskool Melkbosstrand se Interhuis ‘n oortuigende oorwinning behaal in al die sportitems – die Pikkies, Robbe en Haaie.

Met ‘n gejuig vanaf die paweljoene, voel ons atlete baie aangemoedig op die sportvelde. Nuwe rekords word gestel en gebreek. Almal kompeteer nie net teen mekaar nie, maar teen hulself.

Die spanne het mekaar in die 100m die stryd aangesê terwyl die meisiesafdeling teen mekaar meegeding het. Vir die afgelope vyf jaar, is Interhuis een van die skool se hoogtepunte. Elke jaar is dit pret, maar ook ernstige sake op die atletiekbane.

Interhuis 100m

Melkies Interhuis-atletiek

Met baie oefening wat agter die rug lê, het ons skool koning gekraai by die byeenkoms. Met groot afwagting om te hoor wie as die wenners gekroon gaan word vir die dag, was almal senuweeagtig, maar tog opgewonde. Die onderwysers wen selfs hierdie jaar se aflos!

Die Robbe loop weg met die Geesbeker, en die Pikkewyne word met die Atletiekbeker bekroon! Hierdie prestasies en die atlete se vaardighede het groot opwinding gewek vir Interskole…

Die Robbe wen die Geesbeker

Die Robbe!

Op 8 Maart 2018 het Melkbosstrand na Parow gereis om die jaarlikse Interskole aan te durf. Koue weer het nie die geesdrif by MHS gedemp nie. Melkbosstrand se leerders het gehardloop, gespring, gegooi, en gesing vir ‘n vale. Sterk kompetisie in sekere items het definitief gesorg vir opwinding en goeie prestasie. MHS loop weg met die Geesbeker vir die tweede jaar in ‘n ry.

Soos met alle sport, blink Hoërskool Melkbosstrand se atlete by die byeenkoms uit. Met ’n merkwaardige tentoonstelling van rekords op die dag, breek ons eie Lawon Hill die rekord vir 100m naellope. Wel gedaan aan alle atlete wat deelgeneem en die skool se naam hoog en trots gedra het. Melkbosstrand rond die dag af met ‘n totaal van 1350 punte, tweede plek in totaal. Ons bedank Edgmead en Milnerton vir die wonderlike byeenkoms.

Interskole gees

Interskole gees!

Sonder die Melkies, wat heeldag gesing het en ons atlete aanmoedig het, sou ons nie met die Geesbeker weggestap het nie. Baie dankie aan elke leerder wat uit volle bors gesing en aangemoedig het. Dankie ook aan al die personeel wat hierdie dag moontelik gemaak het.

Tot volgende jaar.