Landloop – nuwe uitdagings en opwinding vir Hoërskool Melkbosstrand!

Landloop is n sport waarin individue en spanne ‘n resies hardloop in die opelug en oor natuurlike terreine soos gras of stofpaaie. Die atleet en fietsryer, Willie Delport, is die afrigter vir ons skool se landloopspan. Hulle het tans 15 atlete van die skool wat deelneem en daar kom elke keer nog meer en meer kinders by!

Oefening vind plaas op Maandae van 14:45 tot 16:00 nm. en Vrydae van 15:15 tot 15:30 nm. Woensdae is hulle kompetisiedae. Hulle is tans besig met ‘n baanuitleg op die skoolterrein wat interessant, moeilik en 2 km lank gaan wees…

Vir oefening werk hulle op stamina, ko-ordinasie, balans en spoed. Hulle werk op hulle stamina deur afstandsoefeninge te doen. Ko-ordinasie en balans word geoefen vir terrein, en kragoefeninge word vir spoed en bulte geoefen. Die atlete doen naellope vir spoed en moeilike dele soos op sand en in modder ens. te hardloop. Tussen oefeninge leer hulle afrigter, Oom Willie, hulle tegniek en belangrike vaardighede vir landloop. Om te kwalifiseer vir WP moet jy vyf van die sewe items bywoon.

Landloop

Die Melkie-landloopspan wag in spanning om te begin

 

Daar is spesifieke reëls wat een moet in ag neem wanneer jy kwalifiseer:

  • Die atleet MOET elke vergadering en oefensessie bywoon. ‘n Streng register sal gehou word.
  • Die atleet MOET aan elke oefensessie deelneem, bywoning is slegs een aspek van die oefensessie.
  • Die bestuur het die reg om enige beseerde atleet te vervang.
  • As ‘n atleet nie vir die bestuur inlig oor ‘n besering nie, kan hy/sy gediskwalifiseer word van enige toemkomende WP-spanne.
  • As ‘n atleet van die groep onttrek sonder kennisgewing en dit word onprakties om hom/haar amptelik te vervang sal die atleet die koste moet dra wat vir die kind aangegaan is.
  • In die geval as die atleet of skool enige koste nie klaar betaal nie, sal die atleet self of die skool teruggehou word om deel te neem aan landloop tot oorbetaling ontvang is.
  • Atlete en bestuurders reis saam na die kampionskap toe.
  • Geen atleet/bestuurder sal toegelaat word om saam met hulle ouers of familie die aand voor die kompetisie te bly nie.
  • ‘n Vorm sal beskikbaar wees na die atleet se item om hom/haar toestemming te gee om te gaan. Hierdie vorm moet na die spanbestuurder gaan voor hy/sy loop.
Jaydin Williams hardloop op die baan

Jaydin Williams hardloop op die landloopbaan

Kom aan Melkies! Trek aan jou tekkies en gaan neem deel aan die ongelooflike ervaring, harde werk en die pret van landloop! Gaan praat gerus met Oom Willie, hy sal jou oorreed. Dit sal ‘n unieke uitdaging wees en jou uithouvermoë toets!