Die sjarmante Meneer K. Swart – ‘n geheime gholfentoesias!

Meneer Swart, tans in J4, het laas jaar by die skool aangesluit. Hy is die registeronderwyser van 8A2 en nie net die LO-onderwyser vir die graad 8’s en 9’s nie, maar ook die o/16 Rugby afrigter en graadhoof van die graad 10’s. Hy het sy BA Menslike Bewegingskunde en Rekreasie graad verwerf en daarna sy Nagraadse Onderwyssertifikaat behaal aan die Noordwes-Universiteit van Potchefstroom.

Meneer K Swart

Meneer K Swart

Hier volg ‘n paar vrae wat ek vir Meneer Swart gevra het: 

 

  1. Waar het meneer skool gegaan?

Ek was by Potchefstroom Gimnasium.

 

  1. Wat was Meneer se gunsteling vak op skool?

Ek het Engineursgrafika baie geniet as ook die praktiese deel van dit.

 

  1. Het Meneer enige stokperdjies?

Ek speel graag Golf in my vrye tyd. Dit is ‘n opwindende manier om die tyd te laat verby gaan, maar ook aktief te bly. Ek het begin Golf speel toe ek 19 jaar oud was.

 

  1. Wat is Meneer se gunsteling kos?

My gunsteling kos is… pizza! Natuurlik!

 

  1. Wat is Meneer se ‘life moto’?

“Die kwaad triomfeer wanneer goeie mense niks doen nie,” m.a.w. slegte dinge sal erger word as jy nie iets daaraan doen nie. Jy is net so skuldig as jy niks aan die probleem doen nie.

 

  1. As Meneer enige beroemde mens kon wees, wie sou dit wees?

Ricky Fowler, hy is ‘n golfspeler. Hy kan al dag elke dag golf speel en dan verdien hy nog geld ook!

 

Van rugbyspeler van formaat tot ywerige gholfspeler… is daar ‘n sport wat ons eie meneer Swart nie kan baasraak nie?! Hou hom veral dop by die onderwysers-aflos…