Hollywood se Mnr. en Mej. Melkbosstrand van 2018

Purushan Chettiar en Gretchen Lategan was op 8 Mei 2018 as Mnr. en Mej. Melkbosstrand gekroon by die Hoërskool Melkbosstrand. Kiara Beuster, Mario Philander, Thazwon Februarie en Jamy Dampies is onderskeidelik as 1ste en 2de prinses en prins gekroon.

Gretchen het tenspyte van haar metgesel se afwesigheid voortgegaan met die kompetisie, en dit loshande gewen. Praat van “girl power!”

Die aand:

Dit was n onvergeetlike aand vir die toeskouers, met twee komiese sprekers, Stacey en Lezario.  Lezario het die ys gebreek met sy grappie die hoender wat oor die pad gestap het na KFC. Stacey het die toeskouers vermaak met haar graad 5-dans waarmee sy die danskompetisie destyds gewen het.

Lezario en Stacy vermaak die gehoor

Lezario en Stacy vermaak die gehoor

Daarna is ons op ‘n tydrys geneem vanaf 1920 tot 2017 saam met die finalist met Peter Pan, Tinkerbell, Lion King, Alice in wonderland en veral Grease wat die kollig gesteel het. Daar was interessante danspassies en oulike interaksies wat die paartjies vir ons uitgebeeld het.

Mnr. en Mej. Melkbosstrand 2018

Mnr. en Mej. Melkbosstrand 2018

Met groot afwagting het die laaste dans aangebreek. Die finaliste het skitterend gelyk in hul aanddrag. Die meisies was geklee in aandrokke, en die seuns het pikkewynpakke gedra. Curtley Christians het bo almal uitgestaan met haar kleurvolle Afrika stylrok.

Curtley in haar tradisionele Afrika-styl rok

Curtley in haar tradisionele Afrika-styl rok

Hoogtepunte:

Vir my was die hoogtepunt van die aand toe die beoordeelaars besluit wie die wenners is en Cwenga en Bellanca ons vermaak het met hul lewendige hip-hop dans. Ons beoordelaars was die Springbokspeler Wilco Louw, aktrise Trix Vivier, stoeier Brandon Groenewald en Liza Wilson.

Ek wil van die geleentheid gebruik maak om vir Mika en te bedank vir al hul harde werk agter die skerms. Ook wil ons graag erkenning gee aan Juffrou Wheeler wat die hele aand moontlik gemaak het deur harde werk. Dankie ook aan Juf. du Plessis en Mnr .Swart, Juf. Willemse en Juf. van Eeden wat ‘n deel was van die span.