Tag Archive for Gr8 camp

Die graad 8 saadjies se “ontgroenings”-kamp ‘n reuse sukses!

Dit is in die begin van die jaar en Hoërskool Melkbosstrand het nuwe graad 8’s in die skool verwelkom. Die graad 8’s is “ontgroen” en die dogters moes vier poniesterte dra en die seuns moes ‘n middel paadjie dra met hulle naambordjies met hul babafoto, naam, van en bynaam wat almal hom/haar sal noem. So het die graad 8’s hulle eerste hoërskool en oriëntasie-kamp ervaar op 11 en 12 Januarie 2019.