Tag Archive for MelkieTrots

Toneelstuk 2017: Hoërskool Melkbosstrand Terugblik

Ons kyk terug op hierdie jaar se toneelstuk “Die Gees van die Teater” wat tot in Montagu gaan draai het. Op beide datums, 31 Julie (informele opvoering) en 1 Augustus (gala-aand) het Hoërskool Melkbosstrand se dramagroep in die skoolsaal opgevoer. Ons dink hierdie leerders het almal ontsettend goed gedoen.

Hulle lyk `n bietjie groen…

Na middernag word ‘n klomp jonges sonder veel protes, uit hul beddens gejaag. Hulle bondel die donker, onheilspellendheid van die middernagtelike skoolsaal binne waar hulle struikelend hul pad uit, moet vind. Grypende hande keer hulle om elke draai… Watter nagmerrie is hierdie? Wie durf om die liewe 13-14 jariges so onvergeeflik te teister?

Redaksie

Die Melkie is hier!

Deel. Ons lewe in ’n tyd waar inligting so maklik bekombaar is. ’n Klik van ’n knoppie en ons het die wêreld aan ons vingerpunte. Instagram, Facebook, Twitter. Om te deel is vandag alles.