Theron, thomas

The terrific Mr. Theron

Ek het een baie belangrike ding geleer van ‘n onderhoud voer met ‘n wonderlike persoon – bring ‘n bandopnemer. So gesê, so gedaan. Hier is my onderhoud met Mnr. Theron, `n unieke persoonlikheid in die vierkante van Hoërskool Melkbosstrand.

 

Thomas Theron

 

Vreemde vrae:

Eerstens, waar kom die ronde brille vandaan?

By een van my gigs was daar ‘n ou met ‘n lang “top hat” en hy het sulke ronde brille gedra. Ek het van die “steam-punk look” gehou (seker die non-konformis binne my). Die ou het dit gekry by Spitfire in Canal Walk. Ek koop nou al my brille daar.

Is Meneer bygelowig op enige manier soos byvoorbeeld horoscopes ens.?

Nee glad nie. Ek glo nie dat sterre wat miljoene ligjare weg van my af is enige invloed op my lewe het nie.

Het Meneer enige vreemde stokperdjies?

Ja, nogal. Ek is in my vrye tyd `n blacksmith, ek het n vreemde fassinasie met aksente en een waarvan almal weet… sing.

Is daar enigiets wat Meneer sentimenteel vind op enige manier?

Ja, dalk my Darth Vader sleutelring wat my vrou vir my gekoop het.

Wil Meneer enige boodskap aan iemand spesifiek gee uit hierdie onderhoud?

Aan Meneer Wait: “Na versigtige analise kan ek met absolute sekerheid sê dat my algemene quizzes ten minste 67%beter as joune is!”

Ek weet meeste onderhoudvoerders vra hierdie vraag aan die einde, maar is daar enige wyshede wat Meneer met ons wil deel?

“Do or do not, there is no try “:– Yoda

Lewensvrae:

So, Meneer, wou Meneer nog altyd ‘n onderwyser geword het?

Nie noodwendig nie… Ek wou eers ‘n veearts word oor my liefde vir diere. Toe gaan swot ek Biologie(Ek was nog altyd lief daarvoor). Ek besef toe ek is meer van ‘n mense-mens en gaan in die onderwys rigting in. Ek deel nou my kennis.

Was daar enige mense wat jou beïnvloed het om spesifiek onderwys te kies?

Wel, daar is baie onderwysers in my familie. Ek het baie ondersteuning van hulle af gekry.

Meneer, ek is seker dat almal wat al by Meneer klas gekry het, weet Meneer is in ‘n band genaamd “Megaladon”. Wat is Meneer se doelwitte met Meneer se band, en hoe hanteer Meneer dit as Meneer mismoedig raak?

Ek het ‘n persoonlike doelwit wat die res van my band met my deel. Ek het ook ‘n doelwit vir my band in die toekoms. Ons sal graag oorsee wil gaan, om ons musiek te versprei. Natuurlik word ek mismoedig, maar in daardie tye ondersteun my vrou my. Sy weet, al wat ek nodig het, is ‘n drukkie en ‘n koppie koffie en dan is ek weer reg.

Waar het Meneer se passie vir musiek begin?

Musiek was altyd deel van my lewe. My ma se kant van die familie is baie musikaal. Ek was op skool die “weird” skaduwee-kind met min vriende. Musiek het my gebind met die vriende wat ek gehad het. Musiek judge jou nie en dit laat jou enige emosie waarmee jy sukkel uitdruk.

Laaste vraag: Wat maak vir Meneer gelukkig?

Dis`n baie interessante vraag! Wel eerstens, my vrou en ons huis, ons eie klein hoekie in die wêreld. Die feit dat ek my vriende kan uitnooi na ‘n braai na MY huis toe. Natuurlik ook my werk as ‘n onderwyser.

In my opinie is Meneer Theron ‘n wonderlike persoon en dit was ‘n voorreg om met hom ‘n onderhoud te voer. Bo alles wat ek geleer het van Meneer Theron het ek ook geleer dat hy `n redelike soettand het. Hy het die hele onderhoud deur gelukkig aan ‘n kondensmelkbuisie (wat ek verskaf het) gesmul.

 

  3 comments for “The terrific Mr. Theron

  1. Layzelle
    14/04/2016 at 5:03 PM

    Great work, Gabriela!!!

  2. 15/04/2016 at 8:24 AM

    loved this interview! well done

  3. 16/04/2016 at 1:24 PM

    Lekker onderhoud, Gaby!

Share your thoughts!