Toneelstuk 2017: Hoërskool Melkbosstrand Terugblik

Ons kyk terug op hierdie jaar se toneelstuk “Die Gees van die Teater” wat tot in Montagu gaan draai het.

Op beide datums, 31 Julie (informele opvoering) en 1 Augustus (gala-aand) het Hoërskool Melkbosstrand se dramagroep in die skoolsaal opgevoer. Ons dink hierdie leerders het almal ontsettend goed gedoen.

Eerstens is Die Gees van die Teater ‘n kreatiewe interpretasie van die lewe agter die verhoog. Hierdie toneelstuk het die negatiewe aspekte van ‘n akteur se lewe uitgebeeld. Dit verwys na die stres en emosionele uitputting van die teater. Dit het egter tot ‘n goeie einde gekom waar alles vlot verloop het. Die teater is tog lonend.

HMS dramagroep tydens hul besoek aan Montagu

Groepslede

Gevolglik bestaan die dramagroep uit vyftien toneelspelers, twee grimeerkunstenaars, twee klankbestuurders en twee onderwysers. Juffrou du Plessis en Juffrou Van Eeden het amper elke dag tot nege-uur geoefen en geoefen, todat die groep dit regkry. Ons dink hulle almal het seker in daardie afgelope paar maande meer tyd by die skool spandeer as by hulle eie huise. Dit is immers waar wat hulle sê: “Practice makes perfect.”

Prestasies

Tydens die groep se deelname aan die RAD jeug-kunstefees in Montagu het die groep silwer ontvang vir dié produksie. Luano van der Merwe het individuele goud ontvang, terwyl Stacey Nano, Curtley Christians, Carla Bauer en Carla Neethling individuele silwer ontvang het. Die res van die groep ontvang individuele brons as toekenning.

Die dramastuk was ‘n sukses! ‘n Spesiale dankie aan die akteurs en aktrises! Volgende jaar se drama-opvoering kan niks anders as uitstekend wees nie.