Terugblik na Hoërskool Melkbosstrand se Winter Interskole teen Milnerton!

Die derde kwartaal by die skool word geken aan “geesweek” en Hoërskool Melkbosstrand het vir die eerste keer ons eie winter interskole aangebied. Die spelers het hulle harte uitgespeel terwyl die skare met trots gesing het. Tydens geesweek het die eerste spanne die onderwysers aangevat in ‘n ernstige wedstryd van skaak, netbal, hokkie en rugby. Die eerste spanne het ook daardie Vrydag as joga instrukteers aangetrek en onderwysers en die eerste span rugby het hulle Engeland Toer hempies gedra. Die onderwysers het heimwee gehad oor hoe dit voel om soos ‘n skool kind aan te trek!

Gees onder die onderwysers!

Gees onder die onderwysers!

 

Die geesweek was vir almal pret en het die spelers voorberei vir hulle wedstryde. Tydens die Big Brag het Hoërskool Milnerton se hoofprefekte ons skool besoek terwyl die skool ons gees-liedjies gesing het. Saterdag was die groot dag wanneer die meeste sporte deelgeneem het. Kyk ons Melkies WInter Interskole geesvang-video hier: https://www.instagram.com/p/BmBl9mEhNUB/?utm_source=ig_web_button_share_sheet

Die Winter Interskole resultate is as volg:

Die seuns hokkie:

u/16 – 0-3 verloor

u/19 – 0-2 verloor

Die meisies hokkie:

u/14 verloor

u/16 verloor

u/19 5-0 wen

Meisieshokkie teen Milnerton

Meisieshokkie teen Milnerton

Die netbal:

u/14 A 16-16

u/14 B 11-9 wen

u/16 A 23-13 wen

u/16 B 4-6 verloor

u/19 B 11-17 verloor

u/19 A 32-13 wen

Die rugby:

u/14 A verloor

u/15 A verloor

u/16 A verloor

u/19 B 5-5

u/19 A 10-7 wen

Die sokker:

seuns 1-2 verloor

meisies 0-1 verloor

 

Melkies speel sokker!

Melkies speel sokker!

Die golf:

1-4 verloor

Die winter interskole 2018 was definitief ‘n byeenkoms wat elke trotse Melkie nooit sal vergeet nie! Ons het met trots vir die Millies gewys wat Melkbosstrand het om te bied. Dankie weereens aan elke onderwyser, afrigter, speler, ondersteuner en natuurlik – ons ouers wat hierdie fantastiese geleentheid besonders gemaak het.

Doktor Kleynscheldt, Meneer Ross (Hoof) en Meneer du Plessis (Adjunkhoof)

Doktor Kleynscheldt, Meneer Ross (Hoof) en Meneer du Plessis (Adjunkhoof)

DIE MELKIE BOM! HY KOM, HY KOM!