Toutrek 2018 en WP -Kampioenskappe

Ons Melkies-Staatmakerspan het weer hierdie jaar deelgeneem aan die nasionale WP – toutrekkompetisie in die koue Kimberley in Mei 2018.

Douvoordag het hul uit Kaapstad vertrek. Om presies te wees het hul 03:00 in die pad geval. Veertien ure later arriveer hul in Kimberley. Maande se toewyding, harde oefening en “tou martel” (soos ek dit noem) was maar een van die strawwe oefeninge wat vereis word om ‘n nasionale toutrekkampioen te word. Dan praat ek nie eers van die spanhardloop en swartsakdril as die gewig nie met die skaal klop nie! So word toutrekkers gebrei.  Een woord – stamina. Almal het geweet dat die kompetisie sour of wees, maar soos ons ons Melkies ken, weet ons hier kom ‘n oorlog.

480kg  Agter : Tiaan Burger (reserwe), Owen Viljoen, Divan Robberts, Glynn van Wyk  Voor : Andries Cornellissen (afrigter), Ettiene Vass, Jhondre Erasmus, Jaco Nilsson, AJ Cornellissen, Wilma Fourie (afrigter)  Afwesig: Xander Redelinghuys

480kg-toutrekspan
Agter : Tiaan Burger (reserwe), Owen Viljoen, Divan Robberts, Glynn van Wyk
Voor : Andries Cornellissen (afrigter), Ettiene Vass, Jhondre Erasmus, Jaco Nilsson, AJ Cornellissen, Wilma Fourie (afrigter)
Afwesig: Xander Redelinghuys

Die spoeg en sweet het omtrent op die baan gespat die Vrydag en Saterdag en almal was poegaai daarna. Die harde werk het goeie vrugte afgewerp – 440 kg kry die derde plek en verwerf WP – kleure, 480 kg behaal die vyfde plek en verwerf ook WP – kleure en 520 kg behaal sesde plek. Knap gedaan, Melkies!

By Hoërskool Melkbosstrand is ons in ons derde jaar reeds besig met professionele toutrek en die vordering is merkwaardig!  Daar was maar slegs ses lede toe ons begin het en nou spog ons al met 65 Melkies in die toutrekspanne. Goeie spangees is een van ons hoofdoelwitte. Om te kompeteer teen skole wat al vyf dekades lank toutrek kan nogal ‘n reuse uitdaging wees, maar dit skrik hierdie spanne nie af nie! In 2017 het Melkbosstrand se 440 kg – span die eerste plek in die SA – kampioenskappe behaal en die 520 kg ‘n derde plek. In 2018 het Melkbos Presidensiële vlak in toutrek behaal – ‘n reuse mylpaal.  Dames het ook hierdie jaar vir ‘n eerste keer ingeval by ons toutrek.  Nog ‘n mylpaal vir Melkbos.

Toutrek 2018

440 kg-toutrekspan
Agter : Tiaan Burger (reserwe), Johndre Erasmus, Owen Viljoen, Divan Robberts.
Voor : Andries Cornelissen (afrigter), Ettiene Vass, Melani van Wyk, Victor Vass, AJ Cornelissen, Wilma Fourie (afrigter)
Afwesig: Xander Redelinghuys

In Kimberley het hul tuisgegaan in die heerlike Currington gastehuis.  Kimbeley het ‘n ryk geskiedenins en is veral bekend vir sy diamante uit Kimberley se Gat.

Net om af te sluit nog ‘n bietjie spognuus: die Hoërskool Melbosstrand is deur die WP Wynland Federasie as die 2018 klub van die jaar aangewys! Wel gedaan Melkies Toutrekspanne!