Toutrekkers trek Touwsrivier

Tug of War

Ons is trots om met nog ‘n eerste vir Hoërskool Melkbosstrand te spog!

Die naweek het die toutrekspan van Hoërskool Melkbosstrand, slegs twee weke na hulle eerste oefening aan die tou, teen die Breërivier gaan deelneem.

Twee spanne van onderskeidelik 440kg en 520kg is ingeskryf vir hierdie kompetisie. Vir die meeste HMS leerders, was dit ‘n eerste ondervinding van hierdie aard.

Ongelukkig kon hulle nie die wa deur die drif trek nie, maar hulle het hulself egter deeglik bewys deur goed mee te ding teen twee gevestigde toutrekskole nl. Jan Kriel en Drostdy.

Komende naweek (27 Februarie 2016), sal hierdie manne en dames die WP en Boland Junior toutrekkampioenskappe aanpak te Helderberg, Strand.

Die toutrekkers sê dat met harde werk en volharding, hulle volgende jaar verseker by die SA-Kampioenskappe gaan draai. Ons hou hulle verseker dop.

 

Tug of War

Die Manne hou spanpraatjie.

 

Mevrou Fourie en haar toutrekspan wil graag ‘n woord van spesiale dank aan Mnr. Carlo Stander rig. Sonder hom sou hulle nie hierdie waagmoed kon openbaar nie. Dankie Mnr. Stander!

Share your thoughts!