Gaan groot of gaan huis toe! Melkies Trompoppies 2018

Die Trompoppies of Drummies (kort vir Drum Majorretes) is ‘n groep meisies wat met verskillende rekwisiete vertonings doen. Hierdie meisies maak amok as verteenwoordigers van Hoërskool Melkbosstrand! Klik hier om ‘n video-greep te kyk: https://web.facebook.com/MelkbosstrandHS/videos/1660808917338691/ 

Daar is baie rekwisiete wat ‘n mens kry; die Trompoppies gebruik noodsaaklik ‘n lang vlag, dubbel vlaggies, betons (‘n dun metaal stok), ‘maces’ (langer metaal stok) en ‘duals’ (kleiner mace). Die trompoppies het ook ‘n roetine waar hulle geen rekwisiete gebruik nie. Hulle beweeg gewoonlik amper soos “een man” saam totdat hulle ‘n tentoonstelling vorm.

Hoërskool Melkbosstrand se Trompoppies is laas jaar gestig en hulle het amper elke dag (insluitend naweke) hulle harte uitgeoefen. In die laaste jaar het die Trompoppies ‘n handvol kompetisies en pryse gewen. Met al hulle harde werk en toewyding is die idioom “Gaan groot of gaan huistoe” beslis van toepassing.

Trompoppies verteenwoordig Melkbosstrand by die Karnival

Trompoppies verteenwoordig Melkbosstrand by die Karnival

Op 17 Maart 2018 het hulle aan die Kaapstad Karnival in Groenpunt deelgeneem. Almal was deel van ‘n parade. Daar was ag verhoë en ‘n skare by elke verhoog.

Die verhoog het uit MBHS en Avondale Hoërskool se trompoppies bestaan. Daar was ‘n groot verskeidenheid van kulture en die kreatiwiteit van die mense het oorgeloop. Marissa Fourie, een van die trompoppies vertel: “Daar was verteenwoordigers van China, Zulu-stam en ander culture – almal in tradisionele kleredrag. Daar was tot mense wat soos katte, blomme en plante aangetrek het!”

2018 Trompoppies in al hul gewaad

2018 Trompoppies in al hul gewaad

Die trompoppies het op en af gemars en ‘n vlag-roetine aangebied. Alhoewel die karnival nie ‘n kompetisie was nie en die meisies geen pryse gewen het nie, was dit die ideale geleentheid vir die Trompoppies om pret te hê en ‘n bietjie te ontspan na al die stres en harde werk van al die kompetisies. “Die karnival was definitief iets om te onthou. Ons almal was net baie moeg en my voete was lam!” vertel Marissa.

Die Kaapstad Karnival is ‘n jaarlikse opvoering. Maak seker om nie volgende jaar uit te mis nie!