Twee minute met Juffrou Benjamin

Benjamin

Elke mens en elke huis kort ‘n moeder. Ons hier by Melkbosstrand kon nie vir ‘n beter een gevra het nie.

Hierdie is ‘n storie van ‘n plaasmeisie wat na die see kom soek het. Juffrou Benjamin het in die Vrystaat groot geword, waar sy die meeste van haar tyd in die rivier baljaar het.

“Ek het nie eers twee keer gedink om na die Kaap toe te trek nie.” 

Juffou Benjamin is aan die hoof van Ontwerp by ons skool, maar sy het al LO, Kuns en Afrikaans by haar vorige skole gegee. Sy is een van die befaamde Groot Vyf by ons skool en sy sê dan ook die skool is soos haar baba, omdat sy gehelp het om die skool te begin.

”Ek sal vir die skool veg soos n tier”

Sy sê hierdie met ‘n uitdrukking wat jou twee keer sal laat dink of jy haar wil teenstaan. Sy glo dat jy eers jouself moet regruk en self eers deur die moeilike tyd moet kom, voor jy ander kan help.

Juffrou Benjamin is ‘n Scuba-duiker en sy is ook deel van die NSRI by Melkbosstrand.

Daarom sê ons dankie vir die seewater wat Juffrou Benjamin na ons toe geroep het. Sy is ‘n ware legende wat sal voortleef in ons harte sowel as in die vierkante en klaskamers van Melkbosstrand.

 

Share your thoughts!