Vinkel en koljander, die een soos die ander!

Alexa en Martine Hartung is nie bang vir harde werk nie. Altwee susters staan beslis uit in elke aktiwiteit waarin hulle deelneem, of die nou sport όf musiek is.

Alexa is onlangs verkies tot die o.15 dogters WP A-tennisspan. Sy het dus ook volle erekleure ontvang. Sy sal vanaf 17 tot 20 Maart 2017 deelneem aan die provinsiale interpro-toernooi te Stellenbosch.

Dié proewe, is reeds in Desember 2016 afgehandel.

Alexa se pa het haar aangemoedig om tennis te begin speel op die ouderdom van nege. Na vyf jaar se harde werk, het Alexa hierdie uitnemende prestasie behaal. Alexa wil graag verder presteer in tennis en kyk hoe ver haar passie en deursettingsvermoë haar in die toekoms kan neem.

 


Martine het ‘n uitstekende prestasie van 90% vir klavier graad 4 behaal in die onlangse Trinity College London musiek-eksamens.

Sy is nie `n groentjie op die gebied van top presteerderstatus nie. Martine het op die ouderdom van nege kitaar begin speel en later haar passie vir klavier ontdek. Sy wil in die toekoms haar punte bo 80% gemiddeld behou.

Ons wens Alexa en Martine Hartung die beste toe in hulle pogings om nog sulke spogprestasies te behaal en om te reik na die sterre!

 

 

Share your thoughts!