Welkom terug by Die Melkie! Hoërskool Melkbosstrand 2018

Welkom terug by Die Melkie! En ook aan al ons leerders wat nuut aangesluit het by Hoërskool Melkbosstrand vir 2018. Ons vertrekpunt van verlede jaar is ‘n 100% slaagsyfer asook as een van die top 10 skole in die distrik. Hierdie jaar gaan ons groot en met nuwe mense kom nuwe dinge…

Melkies Sport

Ons vaar hierdie jaar in met nuwe Hoërskool Melkbosstrand-personeel en ons nuwe graad 8-leerders. Die nuwe jaar bring opnuut nuwe uitdagings en geleenthede, maar tog sal ons dieselfde gunstelinge besoek deur die loop van 2018. DIe skool is tans in vervoering met die atletiek-seisoen. Donderdag 8 Februarie 2018 het ons jaarlikse Interhuis-atletiekbyeenkoms plaasgevind te Melkbosstrand se atletiekvelde. Die Pikkies, Haaie en Robbe ding mee om die groot atletiekbeker, sowel as die geesbeker aan die einde van die dag. Wees ook op die uitkyk vir dié jaar se Interskole-atletiekbyeenkoms wat by Parow se atletiekbane sal plaasvind in Maart. Melkies, ons het immers die geesbeker laasjaar huis toe gebring!

Hoërskool Melkbosstrand 100m

Melkies Interhuis-atletiek

Melkies Akademie

Saam met sport balanseer ons dan ook die afskop van die nuwe skooljaar uit met akademie. Die amptelike toetsreeks van die eerste kwartaal het 13 Februarie begin. Hierdie toetsreeks is die eerste amptelike stempel wat jy kan druk op jou akademiese prestasie vir 2018! Leer hard en gee jou beste van die begin van die jaar af. Dit is belangrik om akademie te prioritiseer in hierdie besige tyd. Dit is elkeen se verantwoordelikheid om aandag te gee in klasse, huiswerk stiptelik te voltooi, en om take en assesserings in te handig.

Melkies Sosiaal

Op die sosiale front vind die valentynsdans plaas 15 Februarie en is kaartjies te koop teen R20 een. Sluit gerus by ons aan op instagram by “@diemelkie” en op ons facebookblad by “Melkbosstrand High School.” Kom loer ook gereeld by ons in vir onderhoude met onderwysers en nuusbrokkies oor gebeurtenisse wat by Hoërskool Melkbosstrand geskied.

Vaarwel van my kant. Kies geluk, maak goeie besluite en onthou – ‘n betrokke leerder is ‘n gelukkige leerder! Tot volgende keer.

Ju-Mari du Plessis

Redaktrise 2018